Ons het 'n hart, en 'n baie goeie begrip, vir kinders wat geboelie word deur Wiskunde.
Ons weet hoe dit voel om te sit en die
Wiskunde swem voor jou oë, met
geen idee van wat om te doen of selfs
waar om te begin nie. Ons weet hoe voel
die vernedering om nie te verstaan nie,
en ons weet hoe die magteloosheid
voel as jy alles probeer, en ure se
oefening insit, maar nog steeds nie verstaan wat om te doen in toetse nie.
Ons weet verder dat Ekstra Klasse een keer per week nie die ding gaan doen nie!
Die MoenieSukkelNie program gaan uit van die standpunt dat die "geheim van sukses in Wiskunde" daarin lê om te leer om vrae te vra. En ons help hiermee nie net deur
beskikbaar te wees om vrae te beantwoord nie,
maar deur verder te fokus op 15 minute per
dag se toewyding. Dit is al!!
Gaan kyk gerus na hoe ons dit doen deur ons klub se webtuiste te besoek.